Help - Search - Members - Calendar
Full Version: Moer Arm
Zoopedup modified cars > General > Jokes
POLOBOY_GP
Nou ons was moer-arm. Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes ons
van
daai glas bottelkies gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir
skool.

My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. "Waar dink hulle
moet
ons die geld vandaan kry?"

Maar natuurlik - Boere maak 'n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon
tot
gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die
stoof.
Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma.

Laat dit toe effens afkoel en sit dit in 'n ou NCR Yeast Blikkie wat
so
bietjie "verblyk" was.

Ek was die enigste kind met 'n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander
kinders het die regte bottelkies Gom gehad. Ek het nie baie omgegee
nie,
want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue
nie kan
plak nie!

So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit
ons
klas in doodse stilte, besig met eksamen.

Fokkit mense, een moerse ontploffing ruk die hele skool tot aandag.
Daar
trek my donnerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die
sielieng.
Dis net gom wat neerkom op ons soos 'n donnerstorm! Alles is wit. En
dit
stink ongelooflik - suurhol se moses! Ek't nog nooit iets in my hele
lewe
geruik wat so gestink het nie.

Die Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar
af
asof sy in 'n shower staan. Tot in haar kliewitch by haar tieties. Ek
kon
nie glo dat sy soos 'n beeld lyk nie.

Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom. Almal is wit
en
gil van die skrik. Ons boeke is faaktap. Ons klere is faaktap. Ons
stink
faaktap.

Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis
toe
gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword van
al
die gewag.

Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis 'n moerse
grap
en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik.

Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te
raak,
maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.

Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie...

Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!
POLOBOY_GP
bump
This is a "lo-fi" version of our main content. To view the full version with more information, formatting and images, please click here.